top of page

Internet HVK  is 'n konsep waaraan ek begin dink het nadat ek baie mense op Saterdae en na 19h00 in die aande begin sien het vir hulle huwelikskontrakte.

 

Baie mense werk laat en baie woon nog nie saam nie so daar is werklik 'n behoefte aan 'n gemaklike en gerieflike manier om saam die inligting te kan kry, die besluit te kan maak van hoe 'n paartjie graag wil trou en dan die proses te begin.

 

Daar was natuurlik een ander baie groot voordeel om die spesialis diens op hierdie gerieflike manier te kan lewer - en dit is eenvoudig hoeveel goedkoper die diens is as in 'n tradisionele kantoor.

 

Die rede hiervoor is natuurlik eenvoudig - aangesien ons nie konsulteer nie spaar dit geweldig baie tyd en spaar julle baie geld om julle huwelikskontrak op hierdie manier te doen.  Enige navrae kan nogsteeds beantwoord word per e-pos so dit was vanselfsprekend dat Internet HVK nie net 'n behoefte is nie, maar eintlik 'n noodsaaklikheid.

 

Ek hoop en vetrou dat julle die digitale ondervinding sal geniet en al die inligting sal kry wat julle nodig het - die stelsel is so geskryf om maklik verstaanbaar te wees, maar ook om alle inligting te gee wat julle nodig het om die regte besluit te maak.

 

Meeste van die inligting word automaties vir julle per e-pos gestuur, die rede is om seker te maak die inligting is in jou "inbox" sodat julle enige tyd daarna kan kyk, dit kan druk, aanstuur, ens. sonder om my webblad elke keer te besoek.

 

Indien julle enige vrae het kontak my gerus vir GRATIS advies.

 

Groete,

 

Karel Smit 

 

 

bottom of page