
Bepalings en Voorwaardes
Die kort weergawe:
-
Onder op die bladsy kies julle 'n opsie (SONDER die aanwasbedeling of MET die aanwasbedeling [nul beginwaarde en geen bates uitgesluit nie]).
-
Julle voltooi al die inligting op die kort vraelys (geen betaling is nodig nie).
-
Die vraelys en HVK is in Engels.
-
Ons e-pos dadelik die dokumente vir ondertekening met die instruksies vir ondertekening en versending.
-
Julle teken, betaal ons dan eers en stuur die getekende dokumente terug.
-
Ons doen verder alles wat nodig is (onderteken HVK voor Notaris, brief vir huweliksbevestiger, bevestiging dat julle wel getroud is, registrasie in die Aktekantoor en aflewering van die HVK na registrasie in die Aktekantoor).
-
Lees die volledige bepalings en voorwaardes hieronder.
Ek glo nie in fynskrif nie so lees asseblief hierdie eenvoudige, maar belangrike, bepalings en voorwaardes voor julle voortgaan met julle HVK:
-
Al die inligting op hierdie webwerf, in enige e-posse wat vanaf die "tuis" - blad gestuur word asook enige navrae aan my is 100% GRATIS!
-
Alhoewel hierdie blad in Afrikaans is, en ons julle in Afrikaans kan antwoord, word julle HVK in Engels gedoen bloot omdat Engels as amptelike taal deur meeste mense, banke, staatsdepartemente, ambassades, ens. gebruik word.
-
Hierdie diens lewer ons deur die hele Republiek van Suid - Afrika.
-
Die prys van R1 970 is vir 'n HVK sonder die aanwasbedeling of vir 'n HVK met die aanwasbedeling waar die beginwaardes R0.00 is met geen bates wat uitgesluit word nie.
-
Wanneer daar sekere bates gelys moet word as deel van die beginwaardes en/of sekere bates uitgesluit word kan ek julle nogsteeds bystaan, maar sal ons gewone kostes van toepassing wees (ons gewone tarief beloop R4 600.00 (BTW Ingesluit)). Kontak my direk indien julle van die diens wil gebruik maak.
-
Wanneer julle op die gepaste skakel hieronder kliek sal dit julle na 'n vraelys neem om te voltooi; nadat julle dit voltooi het sal julle dadelik 'n e-pos ontvang.
-
Die e-pos het volledige instruksies vir ondertekening en versending asook al die dokumente wat geteken moet word wat aangeheg word as 'n "pdf attachment".
-
Julle volg dan die instruksies en eers na ondertekening maak julle 'n betaling soos en wanneer dit vir julle gerieflik is. Ons sal NOOIT enige bankbesonderhede of kredietkaart inligting versoek nie; julle ontvang 'n professionele faktuur vir R1970 saam met die e-pos wat alle besonderhede vir betaling op het.
-
Aangesien 'n HVK voor 'n Notaris geteken moet word om geldig te wees magtig die Spesiale Volmag (een van die dokumente wat julle gaan teken) my kantoor bestuurder om julle HVK voor my te teken.
-
Julle HVK moet geteken wees voor julle trou om geldig te wees, so hoe vroeër julle die getekende dokumente vir ons stuur hoe beter.
-
HVK's van mense wat in Suid - Afrika trou moet binne 3 maande van ondertekening geregistreer wees in die Aktekantoor. Hierdie 3 maande begin wanneer my kantoor bestuurder julle HVK voor my geteken het, nie wanneer julle die Spesiale Volmag geteken het nie.
-
Ons sal die datums van ondertekening, datum van huwelik, bevestiging van huwelik en registrasie van die HVK namens julle doen sonder dat julle daaroor bekommerd hoef te wees.
-
Dit is egter julle verantwoordelikheid om hierdie getekende dokumente vir my te stuur (die volledige besonderhede word in die "instruksie - blad" uiteengesit.
-
Julle kan die getekende dokumente met gewone pos stuur, per geregistreerde pos of per koerier, maar dit bly julle verantwoordelikheid om die getekende dokumente by ons te kry.
-
Nadat ons die getekende dokumente ontvang het sal ons 'n ontvangserkenning vir julle stuur.
-
Julle kan eers aanvaar ons het die getekende dokumente ontvang sodra ons vir julle 'n ontvangserkenning stuur.
-
Wanneer ons die getekende dokumente en julle bewys van betaling ontvang gaan ons die dokumente na en kyk eerste na julle huweliksdatum. Ons sorg dan dat julle HVK tussen 2 weke tot 1 maand voor julle troue geteken word. Sodoende weet ons daar is genoeg tyd om julle HVK in die Aktekantoor te registreer nadat julle getroud is.
-
Nadat my kantoor bestuurder julle HVK voor my geteken het stuur ons vir julle 'n brief om aan die huweliksbevestiger te oorhandig wat bevestig dat julle HVK geteken is.
-
Nadat julle getroud is registreer ons julle HVK in die Aktekantoor waar ons die vinnigste diens kry op daardie stadium (HVK's mag in enige Aktekantoor in Suid - Afrika geregistreer word).
-
Nadat ons julle geregistreerde HVK van die Aktekantoor ontvang het sal ons julle kontak om te reël vir aflewering, anders stuur ons die oorspronklike met geregistreerde pos.
-
Hierdie diens is nie vir julle indien julle dringend 'n HVK nodig het nie, dan stel ek voor julle kontak my direk sodat ek met julle kan reëlings tref.
-
Indien julle troue om welke rede ookal nie voortgaan nie (natuurlik hoop ons nie dit gebeur ooit nie) moet julle ons net skriftelik in kennis stel en dan betaal ons R1000.00 vir julle terug.
-
Indien daar 'n dispuut tussen julle is oor wie die geld moet kry (dit hoop ons regtig gebeur nooit nie) betaal ons R500.00 aan elke party uit.
-
Enige tydperk hierbo genoem verwys na besigheidsdae en sluit naweke en openbare vakansiedae uit.
-
In terme van die “Protection of Personal Information Act 4 of 2013”:
-
Wanneer julle enige persoonlike inligting aan ons voorsien op hierdie webwerf aanvaar ons daarmee dat julle julle toestemming gee vir die voorsiening van sulke persoonlike inligting.
-
Julle persoonlike inligting wat voorsien word word slegs gehou, gebruik, gedeel en gestoor om inligting aan julle te voorsien ten aansien van die opsies oor huweliksgoederebedelings in Suid - Afrika en die voorbereiding en registrasie in die Aktekantoor van julle Huweliksvoorwaardekontrak.
-